Charles III van die Verenigde Koninkryk

Charles III
Koning van die Verenigde Koninkryk
Charles III in 2023.
Charles III in 2023.
Bewind 8 September 2022 - tans
Voorganger Eizabeth II
Regmatige opvolger William, Prins van Wallis
Gebore Prins Charles van Edinburg
14 November 1948 (1948-11-14); Buckingham-paleis, Londen
Eggenotes Diana Frances Spencer
(1981–1996)
Camilla Parker Bowles
(sedert 2005)
Kinders William
Harry
Volle naam Charles Philip Arthur George
Huis Windsor
Vader Prins Philip
Moeder Elizabeth II
Geloof Kerk van Engeland
Handtekening

Charles III (Charles Philip Arthur George; 14 November 1948) is koning van die Verenigde Koninkryk en 14 ander lande van die Statebond. Hy was die regmatige Britse troonopvolger sowel as die Hertog van Cornwall en van Rothesay van 1952 tot met sy opvolging in 2022. Hy was die langs lewende regmatige troonopvolger in die geskiedenis van Brittanje.[1] Hy was ook die langs dienende Prins van Wallis: van Julie 1958 tot 8 September 2022 ná die dood van sy moeder, Elizabeth II.[2] Verder is hy die oudste persoon wat dié land se troon bestyg: op 73-jarige ouderdom. Hy is op 6 Mei 2023 in Westminster-abdy gekroon.

Charles is in Buckingham-paleis gebore as die eerste kleinkind van koning George VI en koningin Elizabeth. Hy het sy opvoeding aan die skole Cheam en Gordonstoun ontvang, wat albei ook deur sy vader bygewoon is. Nadat hy 'n BA-graad aan die Universiteit van Cambridge ontvang het, het Charles van 1971 tot 1976 in die Britse lugmag en vloot gedien.

In 1981 is hy getroud met lady Diana Spencer, by wie hy twee seuns het: prins William en prins Harry. In 1996 is die paartjie geskei ná buite-egtelike verhoudings deur albei partye, waaroor breedvoerig in die pers berig is. Diana is die volgende jaar in Parys in 'n motorongeluk dood. In 2005 is Charles getroud met sy minnares van 'n lang tyd, Camilla Parker Bowles.

As Prins van Wallis het Charles verskeie amptelike verpligtinge namens koningin Elizabeth II behartig. Hy het in 1976 die Prince's Trust gestig, wat die borge van sy welsynorgansasies is, en is die beskermheer, president of 'n lid van meer as 400 ander welsynorganisasies. Prins Charles se menings oor die rol van argitektuur in die gemeenskap en die bewaring van historiese geboue het wye aandag van Britse argitekte en ontwerpers ontlok.[3][4] Hy is ook die skrywer of medeskrywer van 'n paar boeke.

As 'n selfverklaarde omgewingsbewuste het Charles hom in die openbaar uitgespreek oor sake soos organiese landbou en aardverwarming, wat tot toekennings en erkennings van omgewingsgroepe gelei het.[5][6]

Weens sy steun aan alternatiewe medisyne, onder meer homeopatie, was hy ook die onderwerp van kritiek.[7][8]

  1. "Prince Charles becomes longest-serving heir apparent". BBC News. 20 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2015. Besoek op 30 November 2011.
  2. Bryan, Nicola. "Prince Charles is longest-serving Prince of Wales". BBC News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2017. Besoek op 9 September 2017.
  3. "Profession reacts to Prince Charles' 10 design principles". architectsjournal.co.uk. 22 Desember 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2018. Besoek op 3 Desember 2018.
  4. Forgey, Benjamin (22 Februarie 1990). "Prince Charles, Architecture's Royal pain". The Washington Post. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020. Besoek op 3 Desember 2018.
  5. Rourke, Matt (28 Januarie 2007). "Prince Charles to receive environmental award in NYC". USA Today. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2013. Besoek op 19 April 2013.
  6. Alderson, Andrew (14 Maart 2009). "Prince Charles given 'friend of the forest' award". The Daily Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2013. Besoek op 11 Mei 2013.
  7. Weissmann, Gerald (September 2006). "Homeopathy: Holmes, Hogwarts, and the Prince of Wales". The FASEB Journal. 20 (11): 1755–1758. doi:10.1096/fj.06-0901ufm. PMID 16940145. S2CID 9305843.
  8. Brady, Brian (21 Julie 2013). "He's at it again: Prince Charles accused of lobbying Health Secretary over homeopathy". The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2015. Besoek op 28 November 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search